EREDIENSTYE

08:00  Erediens

10:00  Klassieke Erediens

ADRES
ADMIN KANTOORURE

Dinsdag-Vrydag          08:00-12:00

  • Grey Facebook Icon
  • Grey Twitter Icon
  • Grey Instagram Icon
  • Grey YouTube Icon

© 2023 by HARMONY. Proudly created with Wix.com

 

Ons Hartskool (Hartenbos Bybel skool) is DV elke Sondag om 18:00 en Dinsdae om 17:30 in die binnehof. Sondae behandel ons die Bybelboeke, en Dinsdae verskillende aktuele temas. Ons het twee nuwe dosente wat ons Sondae gaan begelei, nl. Dr Kobus Smit en Dr Fanie Bergh. Ons sê baie welkom aan hulle! Jy kan enige tyd by enigeen of by beide aansluit. Die beste tyd om hierby in te skakel is: NOU! Almal is baie welkom. Navrae ds. Willem.

Die Hartskool wil graag tot diens van die gemeente wees. Ons wil graag breër toerustingsprogramme volgens die gemeente se behoefte daarstel. Ons het  kursusse, kampe en leier opleiding in gedagte. Ons wil ook nie net vir onsself bestaan nie; ons wil graag diensbaar wees in die gemeenskap (dalk later takke in die groter gemeenskap stig?!). Ons wonder nog hieroor; kom wonder gerus saam en maak die droom ‘n werklikheid!

Ons wil ook baie graag groei deur almal in te sluit – veral jonger mense en kinders. Ons nooi JOU uit om deel te word. As jy twyfel, kom kuier een aand by die Hartskool en besluit dan of dit is wat jy wil doen. Ek vermoed jy kan dalk ontdek: dis waarna ek nog altyd soek!

Al ons studiemateriaal is op ons webtuiste beskikbaar vir almal wat daaruit baat kan vind.

As jy meer wil weet is jy welkom om Ds Willem te skakel by 044 695 1958.