EREDIENSTYE

08:00  Erediens

10:00  Klassieke Erediens

ADRES
ADMIN KANTOORURE

Dinsdag-Vrydag          08:00-12:00

  • Grey Facebook Icon
  • Grey Twitter Icon
  • Grey Instagram Icon
  • Grey YouTube Icon

© 2023 by HARMONY. Proudly created with Wix.com

 

Makhathini Ds Louwrens van der Westhuizen

Ds Louwrens van der Westhuizen en Vroulief Jeanne bedien sedert 2007 in die Makhathini-vlakte onder Zoeloesprekendes. Die gesin het in KwaNgwanase gevestig.

Belangrike verjaarsdae: Louwrens 13 Aug; Jeanne 24 Nov

E-adres: weshuis@hantam.co.za Tel. 0825164437

Projekkoördineerder: Koos & Hannatjie Smal, Tel: 044-6952431

Die Vervolgde Kerk

Ons gemeente is die afgelope 15 jaar georganiseerd betrokke by die Vervolgde Kerk by wyse van gebedsen koerierreise na geslote lande, asook ondersteuning van Geopende Deure projekte soos BibliAsië, Projek 8:31, KidzAsia, YME, "Hande van Hoop", “Project Desert Light”, "Walk in their shoes", Projek Sophia (2011/12) en Save Syria (2014). Sien die Wêreldwaarnemingslys vir vervolgde lande en getuienisse by www.opendoors.org.za Projekkoördineerder: Millie Kruger, tel: 0823262633

Nic & Tina Strydom Madagaskar Sending

Nic is betrokke by die opleiding en toerusting van geestelike leiers in Madagaskar en het 'n passie veral vir die Sakalava-mensegroep in dié land. Hulle bediening het in 2014 uitgebrei na werk onder die Mikea mensegroep in die Tulear gebied. Die heel eerste kerk onder dié mensegroep is begin! Groot seën is beleef met evangelisasie, Bybelverspreiding, en die ontwikkeling van kinderklubs.

Tel. 082 293 2919 (SA) +26134 389 5574

(Mad) E-adres: nic@gow.org.za

Verjaarsdae: Nic 31 Julie; Tina 28 Des.

Projekkoördineerder: Vanessa Viviers, tel 082 4459 832.

Mosselbaai Gevangenisbediening

Mosselbaai gevangenis is tans 'n rehabilitasie-sentrum vir jeugdiges onder korrektiewe toesig. Eredienste word gehou en geestelike ondersteuning word gegee aan gevangenes - ook by hulle ontslag uit die gevangenis.

Projekkoördineerder: Vakant

Navrae: Jan Hulme, tel: 044-6951355

Hugo & Jakkie Wolmarans (AWM / Pioneers)

Hugo Wolmarans is die mediadirekteur van Arab World Ministries / Pioneers in London wat ’n strategiese rol speel om die Evangelie van Jesus aan die Moslems van die Arabiese Wêreld te verkondig en om dié wat tot geloof kom, te integreer by die plaaslike kerk (indien dit bestaan!)

E-adres: hugo@media.awm.org

Tel +44 (0) 1903 824399 (Huis)

Verjaarsdae: Hugo 15 Apr, Jakkie 8 Aug, Marlena 4 Jun, John 15 Jun.

Projekkoördineerder: San van Reenen, tel: 044 6950599

Biblia Hawesending

Hierdie bediening onder vissermanne vind plaas o.l.v. Daniël Bruwer in die Mosselbaai hawe. Die evangelie word bedien en Bybels versprei onder die bemanning van vissersbote.

biblia.mosselbaai@hartenrus.co.za

Tel. 044-606 7124 of 082 962 2929

Arbeidsbediening Pierre Lambrecht

Pierre is deel van die plaaslike arbeidsbedieningspan wat mense by hulle werkplek besoek en bedien.

Tel: 076 0929 099

Projekkoördineerder: Frans van der Merwe, tel: 044 6067107

Sonskynvallei

Hierdie “Jerusalem”-projek behels o.a. hulp aan 'n kleuterskool, sopkombuis, geletterdheidklasse en ’n nasorgprogram. Die Kersboom elke jaar is ook groot getuienisgeleenthede. Op Sondag-middae reik ons uit met kategese-ontmoetings vir kinders.

Skakelpersoon: Ds Gerrit Malherbe, tel 044-6951977

Please reload